... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hardloop die Resies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 12:1 Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hardloop die Resies


Download audio file

Daar is tye in elkeen van ons lewens wanneer ons lus is om tou op te gooi. Of dit nou in jou huwelik is, in jou werk, in jou geloofswandel. . . Jy is nie die enigste een wat so voel nie. Op ‘n stadium raak ons almal lus om net op te gee.

Kan ek dit regtig persoonlik maak? Twee en ’n half maande gelede het ek 65 geword. Dit is die algemeen-aanvaarbare-aftree-ouderdom in die area waar ek woon. En elke nou en dan karring die idee van “aftrede” aan my vlees. Moet ek regtig aanhou om so hard te werk? Hoekom sit ek nie net luilekker op die stoep nie?

Maar elke keer herinner God my aan die ontelbare mense, miljoene net soos jy, wat meer van Jesus moet hoor. So baie mense kry swaar. Daar is so baie wat op ‘n wêreldse manier op ‘n dwaalspoor gelei word. So baie, wat nog moet ontdek wat die reddende liefde van Christus beteken.

Watter uitdaging het God aan jou gestel? Watter wedloop het Hy jou geroep om te hardloop? En wanneer laas was jy in die versoeking om op te hou?

Hebreërs 12:1 Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, (NLV)

Kyk, ‘n wedloop was nooit veronderstel om maklik of gemaklik te wees nie. Maar dit is geen verskoning om op te hou nie. Kyk na diegene wat voor jou gegaan het, diegene rondom jou, daardie geloofshelde wat jy ken; dié wat voortgaan om hul wedloop ten spyte van alle teëstand te hardloop. Laat hulle jou inspireer!

My vriend, stroop alles af wat jou spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Hardloop met volharding op die baan wat voor jou uitgestrek lê. Hardloop jou resies. Moenie ophou nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.