... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Roei ‘n Geskindery Uit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 11:13 n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Roei ‘n Geskindery Uit


Download audio file

Skinder het die mag om reputasies te verwoes. ‘n Ou geruggie hier, ‘n konfidensiële ou storietjie daar en voor jy jou oë uitvee, word die skinderstroompie ‘n magtige rivier. Wat dryf ons om deel van daardie dwaasheid te wees? En glo my, dis baie meer as net dwaasheid! Dit vernietig lewens.

Ja, en ons het elkeen maar dinge in ons lewens waarop ons nie trots is nie; en ons wil beslis nie hê dat ons sonde van die dakke af verkondig word nie.

Dink nou net wat sou gebeur het as God oor jou wou skinder. Hy weet alles van jou af; alles wat jy al ooit gedink, gesê en gedoen het. Wat sou gebeur as Hy jou donkerste geheime met Jan en Alleman sou bespreek?

Gelukkig is Hy nie ‘n skinderbek nie. Gelukkig sal Hy nooit wees nie. Sy Woord, die Bybel, spreek van sy deernis vir elkeen van ons, en dit spreek baie sterk en konsekwent teen skinderpraatjies.

Spreuke 11:13 Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

Sal jy iemand wat jy ken, vertrou as hy bekendstaan as ‘n skinderbek? Jy sal dit nooit as te nimmer doen nie. Jy wil tog hê dat ander mense jou as ‘n betroubare persoon sien, nie waar nie? En die manier waarop ons daardie reputasie ontwikkel, is om skinderstories nek om te draai voordat hulle ‘n kans kry om in iets gevaarliks te ontaard.

Soos iemand eenkeer gesê het, skinder sterf wanneer dit ‘n wyse persoon se ore tref. Nouja, dink ‘n bietjie watter verskil jy in jou werkplek, in jou vriendekring, selfs in jou eie familie, kan maak deur ‘n geskindery te stop!

Wees daardie wyse persoon. Wees die een wat skinder wortel en tak uitroei. Wees die een wat God se liefde bewys deur jou mond styf toe te hou.

’n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime. (NLV).

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.